icon-newsletter

Die lang pad 

 

Is jy die een wat getrou vir jou ma in die ouetehuis gaan kuier? Dit klink of jy die enigste een is wat nog by haar probeer uitkom, maar sodra jy daar aankom soek sy skoor en word sy vir jou kwaad. Jy is moedeloos, hoe lank gaan dit nog aanhou?

Wanneer ons deur moeilike seisoene van die lewe gaan, kan ons in die versoeking van vertwyfeling kom en wonder, “sal dit ooit eindig?”

Die kinders van Israel het dit seker gewonder toe God hulle deur die woestyn gelei het. Hulle het ‘n groot oorwinning in Egipte behaal, maar toe hulle weer sien het hulle ‘n lang tog deur die woestyn in die gesig gestaar. In Eksodus 13:17 staan daar “Toe die farao die volk laat gaan het, het God hulle nie gelei op die pad na die land van die Filistyne nie, al was dit nader; want God het gesê: “Anders kry die volk spyt wanneer hulle oorlog in die gesig staar, en keer hulle terug na Egipte.” 

God het hulle op ‘n langer roete geneem, omdat Hy geweet het wat alles vir hulle voorlê en hoe hulle dink. As dit voel of jy in ‘n woestyn is, berei God jou dalk ook voor vir iets baie spesiaal. Eendag sal jy terugkyk en besef dat God presies geweet het wat Hy doen.

Seëngroete van ROHSA