icon-newsletter

Die krag van Sy Woorde

 

Deesdae is stemherkenningstegnologie vrylik beskikbaar. Hulle noem dit in engels  “voice recognition technology”. Jy kan met jou stem jou foon vrae vra, sonder om enige iets in te tik. Om bloot met ‘n toestel te praat en resultate te kry, is nie meer wetenskapsfiksie of ‘n die ding van die toekoms nie.

So oulik en slim as wat dit is, is dit niks in vergelyking met die wonderbaarlike krag van God se Woord nie. Hy het gepraat en uit niks, alles geskep!

Dit is dieselfde Woord wat deur die Gees van God in ons harte geplant word, wat veroorsaak dat ons wedergebore word. In 1 Petrus 1:23 lees ons: “Julle is immers weer gebore, nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike saad – deur die lewende en blywende woord van God.”

God se Woord is absoluut wonderlik! Waar sou ons daarsonder wees? Wil jy nie vanoggend saam met my, God vir Sy Woord loof en dank nie?

Seëngroete van ROHSA