icon-newsletter

Die kern van goddelose gedrag

 

Die Bybel is baie uitgesproke oor die gevare van trots. Waarom dink jy is dit verkeerd om trots te wees?

Party mense mag dink dit is goed om trots te wees op jouself, of dat trotse mense eintlik maar net gefokus is op hulle self, dis seker nie so erg nie? Hulle gee net nie veel om wat ander van hulle dink nie.

C.S. Lewis het die volgende gesê oor trots: Die kern van goddelose gedrag, die uiterste vorm van boosheid, is trots. Losbandigheid, gierigheid en drokenskap is maar soos vlooibyte in vergelyking met trots. Trots lei tot elke ander boosheid. Dit is  absoluut ‘n anti-God manier van dink.

Trots is die nommer een struikelblok in die pad van herlewing. Dit verblind ons vir ons ware geestelike toestand.  Psalm 10:4 sê “Hierdie bose mens is te trots om God te soek. In al sy beplannings is daar geen plek vir God nie.”

Sal jy vandag ‘n tydjie neem om jou hart te ondersoek? Vra God om vir jou enige areas van trots uit te wys, wat jou daarvan weerhou om Hom die kern van jou lewe te maak.

Seëngroete van ROHSA