icon-newsletter

Die Joernaal

 

Die Ou Testament bevat die verhaal van Joshua se eerste oorlogstryd as leier van Israel. Eksodus 17:9 Moses het vir Josua gesê: “Kies vir ons manskappe en gaan veg môre teen die Amalekiete. Dan sal ek op die top van die heuwel gaan staan met die kierie wat God my gegee het, in my hand.” Josua het toe gedoen wat Moses vir hom gesê het en hy het teen die Amalekiete gaan veg. Moses, Aäron en Hur het tot op die top van die heuwel uitgeklim. Solank Moses sy hand opgehou het, was Israel die sterkste, en wanneer sy hand gesak het, die Amalekiete.

Ek dink God wou seker maak dat Josua ‘n rekord van daardie eerste geveg gehad het – ‘n herinnering aan die ware Bron van sy krag. Dit klink vir my na wat ons deesdae “journaling” noem.

Ek het persoonlik dit al baie handig gevind om rekord te hou van belangrike mylpale in my eie pad met God. My vorige joernale herinner my aan God se getrouheid en my verskillende behoeftes wat ek al na Hom toe gevat het. 

Hoe onthou jy die geestelike mylpale in jou eie lewe, hou jy ook ‘n geskrewe rekord daarvan? Dit is vir my baie bevredigend om ‘n joernaal deel van my stiltetyd proses te maak. Ek is seker dit sal jou ook help om meer te kan onthou wie jou Bron van krag is.

Seëngroete van ROHSA