Binne sekondes is 3 rooi kaarte uitgedeel, daarna is Pieter Hendriks & James Dalton verban van enige verdere rol in die 1995 Rugby wêreldbeker. Vuisgevegte in rugby is niks vreemd nie, maar dit kan ‘n rugbyspeler se loopbaan in ‘n oomblik beëindig.
Jy kan dalk aan ‘n gebeurtenis soos dié in jou lewe dink waar dinge in die hitte van die oomblik aan jou gesê of gedoen is, en jou lewe radikaal beinvloed. Dit sal aanhou om jou lewe te oorweldig indien jy toelaat dat bitterheid in jou hart broei.
Vir God se kinders is daar ‘n opdrag in Efésiërs 4:31-32 “Laat vaar alle bitterheid en woede en gramskap en geskreeu en gelaster, saam met elke vorm van kwaad. Wees goedgesind teenoor mekaar, met innige meelewing, terwyl julle mekaar vergewe, soos God in Christus julle ook vergewe het.”
Vriende, die enigste manier om genesing te vind, is deur vergifnis.
Jy het seker ook al gehoor: “om iemand te haat sou wees soos om gif te drink en te hoop dat iemand anders sou sterf.” Dalk het jy gif gedrink—tydens ‘n seerkry-hou wat jy opgedoen het. Jy kan genesing vind deur vergifnis te kies.
Seëngroete van ROHSA