icon-newsletter

Die Heilige Gees tree in 

 

Ek dink ons ​​was almal al daar: jy gaan sit stil om te bid, en dan is jou gedagtes weg, jou kop is leeg. Jy weet daar is dinge waarvoor jy wil bid maar jy kan gladnie onthou wat dit was nie. 

Selfs die apostel Paulus het gesê: “Ons weet nie hoe om te bid soos ons behoort nie” (Romeine 8:26). Paulus het besef dat hy hulp nodig het, om te weet hoe om volgens die wil van God te bid. Hy het ook besef dat God in daardie behoefte voorsien het deur die Heilige Gees se hulp.

Daarom het Paulus geskryf: 26 “So kom die Gees ons ook in ons swakheid tot hulp, want ons weet nie mooi waarvoor ons behoort te bid nie; maar die Gees tree self vir ons in met versugtinge wat nie verwoord kan word nie. Hy wat die harte deurgrond, weet wat die bedoeling van die Gees is, dat Hy volgens die wil van God vir die heiliges intree.”

Ek en jy kan bid: “Heilige Gees, ek ken nie die wil van die Vader op hierdie gebied nie. Ek weet nie wat om te bid nie. Maar die Bybel sê dat U my sal help in my swakheid en dat U vir my gaan intree. Sal U asseblief nou vir my intree?”

Seëngroete van ROHSA