icon-newsletter

Die handboek

 

Dink net hoe lekker dit sou wees as ons ‘n kursus kon doen en leer hoe om al die probleme in ons lewens te hanteer. Of dit nou ‘n moeilike baas, ‘n stuweling met ‘n huweliksmaat of selfs finansiële probleme is.

Eintlik is daar ‘n kurses wat elke moontlike probleem wat jy mag hê aanspreek. God het vir ons Sy handboek gegee, en Hy is ‘n liefdevolle en wyse Leermeester. Hy wil graag ‘n persoonlike ontmoeting met jou hê en jou kursus volgens jou persoonlike behoeftes aanpas.

Jy skryf vir hierdie kursus in deur te begin om elke oggend tyd met God in gebed en in Sy Woord te spandeer. Deur tyd in God se Woord en in gebed te spandeer kan jy leer om jou probleme op so ’n manier te hanteer dat God daardeur verheerlik sal word.

Psalm 25: 8-9 leer ons: “Die Here is goed en regverdig; Hy wys selfs vir sondaars die pad aan, Hy laat aan hulpeloses reg geskied en Hy leer hulle Sy pad.” Aanvaar gerus God se uitnodiging en skryf vir jou persoonlike kursus in.

Seëngroete van ROHSA