icon-newsletter

Die geur van Christus 

 

Sal jy daarvan hou as iemand jou so beskryf: “Ek het haar nooit omgekrap gesien nie. Daar was altyd ‘n geur van Christus in haar lewe.”

Dit was hoe die outeur Joseph Carroll, ‘n besige ma van sewe beskryf het, nadat hy as ‘n gas in haar huis haar beleef het. Hy het 5 uur die oggend wakker geword, en besef at sy reeds aan die gang was en besig was om te bid.

Later die dag het hy haar gevra hoe laat sy gewoonlik opstaan om te bid. Haar antwoord was, “Wel dit is nie eintlik my besluit nie. Ek het lank gelede ‘n besluit geneem dat ek sal beskikbaar wees wanneer God met my wil tyd spandeer.” Sy het vertel “ Soms roep Hy my 5uur die oggend; soms roep Hy my 6uur. En net soms, roep Hy my 2uur in die oggend, dalk is dit om my te toets.”

Dit laat my dink aan Psalm 42:9 “Bedags sal die Here sy troue liefde laat geld, en snags sal ‘n lied vir Hom by my opkom, ‘n gebed tot die God van my lewe.”

Indien ons bekend wil staan as vroue wat “‘n geur van Christus” in ons lewens het, moet ons tyd in die Woord en in gebed spandeer. Gaan jy vir God vra om jou in die oggend wakker te maak vir gesels tyd?

Seëngroete van ROHSA