icon-newsletter

Die gesukkel van woorde 

 

Wanneer ons nasie skielik ‘n krisis beleef, wat doen die meeste mense? Mense gryp na hulle slimfone en rekenaars om te sien wat aangaan. Ons wil die heel nuutste inligting en ontleding hê. Het jy al gesien hoe die mense, kommentators en verslaggewers dan sukkel om die regte woorde te vind—veral wanneer hulle met erge skok of hartseer gekonfronteer word?

Daar is niks daarmee fout om na die nuus te kyk nie, maar uiteindelik is dit nie die mees betroubare bron van inligting nie. In donker tye gee die Woord van God lig, begrip en wysheid. Daarom moet ons soms doelbewustelik nie na die media kyk nie, en heel eerste die Bybel oopmaak. Romeine 12:2 “Julle moenie aan hierdie wêreld gelykvormig wees nie, maar verander word deur die vernuwing van julle denke, sodat julle goed kan onderskei wat die goeie en aanneemlike en volmaakte wil van God is.”

Die Skrif gee vir ons perspektief. Dit herinner ons daaraan dat God ons toevlug is, ‘n tydige hulp in tyd van benoudheid. Dit versterk ons geloof in vreesaanjaende tye. Deur God se Woord word ons daaraan herinner dat ons nie hoef te vrees nie, al gee die aarde pad.

Waarheen gaan jy vir ware perspektief? Na die televisie, webwerwe of blogs? Of na die Woord van God?

Seëngroete van ROHSA