icon-newsletter

Die genot wat bevredig 

 

Is jy bewus daarvan dat God ons geskape het om  ook die lewe te geniet? Dit klink dalk vir jou vreemd omdat ons ons gewoonlik plesier aan sonde koppel. Genot en plesier is egter net verkeerd as ons dit op die verkeerde plek soek. Ons soek baie keer ons plesier in kos, mense, aktiwiteite of besittings. Maar daardie goed kan nooit die diepste begeertes in ons harte tevrede stel nie.

Maar wanneer ons aan God oorgee, vind ons die vreugde wat werklik bevredig. Vind jy jou vreugde in Hom? Luister na die woorde van Psalm 36: “Hoe kosbaar is u trou, o God! Die hele mensdom vind skuiling in die skadu van u vleuels. 9U voed hulle uit die oorvloed van u huis, en laat hulle drink uit strome van vreugde.” 

Psalm 16: 11 “U wys vir my die lewenspad; in u teenwoordigheid is vreugde, en aan u regterhand is daar blydskap vir altyd.”

Seëngroete van ROHSA