icon-newsletter

Die Gees teenoor die vlees

 

Wanneer jy ‘n kind van God is, is daar ‘n stryd wat in jou binneste woed- jou natuurlik vlees teenoor God se Gees wat in jou woon. Van nature is die mens in opposisie teenoor God. Maar die Heilige Gees is besig om ons begeertes te transformeer. Aan die een kant wil jy so graag ingee vir jou vlees se drange en begeertes, en aan die ander kant roep die Gees van God ons tot gehoorsaamheid en geregtigheid.

Aan die een kant verpes jy dit wanneer iemand jou skotttelgoed anders wegpak as waarvan jy hou, aan die ander kant kan jy vir hulle dankie sê dat hulle jou in die kombuis gehelp het.

Aan die een kant kan jy lekker saam skinder, of jy kan die persoon wat bespreek word die voordeel van die twyfel gee. Jy kan die situasie ontlont en sê “ek is seker as ons haar kant van die saak hoor, dit ‘n heel ander storie gaan wees.”

Romeine 8:13-14 “As julle julle lewe deur die sondige natuur laat beheers, gaan julle die dood tegemoet, maar as julle deur die Gees ‘n einde maak aan julle sondige praktyke, sal julle lewe. Almal wat hulle deur die Gees van God laat lei, is kinders van God.”

Vra God om jou vandag te help om in die Gees te wandel en om jou vleeslike begeertes deur Sy krag tot niet te maak.

Seëngroete van ROHSA