icon-newsletter

Die Gees het Hom uitgedryf

Jy kan deesdae predikers kry wat vir jou sal sê dat as jy met God wandel, jy gesond sal wees, jy geld in die bank sal hê, jou man mal sal wees oor jou, en jy nooit enige geestelik droë woestyn tye sal hê nie.

Maar dan kyk ons na Jesus. Markus se evangelie sê vir ons in hoofstuk 1:12 “Dadelik het die Gees Hom uitgedryf na die wildernis toe.” Jesus het nie gesondig nie. Hy was regverdig voor God en vol van die Heilige Gees. Tog het Hy veertig ongemaklike, eensame dae in die woestyn in die gesig gestaar; waar Hy voor intense versoekings te staan sou kom.

Soms bevind ons onsself in ‘n geestelike woestyn as gevolg van ons eie sonde, maar dit is nie altyd die geval nie. Soos Jesus kan ons ‘n droë, moeilike tyd ervaar sodat God se goeie bedoelinge en intensies vervul kan word.

Moenie moedeloos word nie. Al lyk dit dalk vir jou of God miljoene kilometers ver weg is, Hy is regtig by jou. Die volgende keer wat jy die wildernis ervaar, onthou net jy volg in die voetspore van die Verlosser.

Seëngroete van ROHSA