Ek wil God met my lewe dien, maar ek is nie seker hoe dit kan uitwerk nie. Ek het baie verskillende belangstellings en hou daarvan om dinge fyn te beplan. Maar wanneer ek aan my toekoms dink, voel dit vir my soos ‘n groot, grys mistige wolk! Hoe weet ek wat die regte en beste plan is?
Weet jy, ons almal moet onsself soms daardie vraag af vra. Wat ons heimlik graag sou wil hê, is dat God vir ons iets soos ‘n kontrak sou gee, met al die besonderhede netjies ingevul. Maar inteenstelling, om ons toekoms aan Hom oor te gee, is meer soos om ‘n leë stuk papier te onderteken. Ons gee dit terug en sê: ‘Here, vul U die besonderhede in.’
Dit lyk miskien riskant, maar in terme van die Ewigheids plan, het ons niks om te verloor nie, want God is volkome betroubaar. God sal die besonderhede van ons lewens invul met Sy ongelooflike wysheid, getrouheid en liefde. Onthou die woorde in Spreuke 3, vers 5 “Vertrou op die HERE met u hele hart”.
Seëngroete van ROHSA