Byna elke liewe more wanneer ek moes wakker word, het ek met ‘n stryd begin – daardie “nog net vyf minute” ene. Sou ek my dag begin deur God in Sy Woord en in gebed te ontmoet, of sou die kussing, die boodskappe op my foon of my hoop werk, die oorhand kry?
Jy sien, die vyand van my siel weet dat as hy my hier kan verslaan, hy my uiteindelik in elke ander area van my geestelike lewe sal kan verslaan. Daarom moet ons die opdrag van die Paulus ernstig opneem: “Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die listighede van die Duiwel.” (Efesiërs 6:11)
As ons aan hierdie stryd in die oggend toegee, sal ons dwars deur die dag gefrustreerd en ondoeltreffend wees.
Môreoggend, voordat jy selfs nog begin met daardie “nog net vyf minute” redenasie, of enigiets anders, hoekom nie dadelik opstaan om tyd by God deur te bring nie?
Seëngroete van ROHSA