Het jy ook agtergekom dat stories van engele meer populêr word oor die afgelope tyd? Voor dit het mense vir eeue lank al engel babatjies geskilder, sulke mollige babatjies met vlerkies. God het egter nie die ware engele geskape om soos die dekor beeldjies te lyk nie. Hy het hulle geskape as kragtige agente wat Sy opdragte uitvoer.
In Psalm 103 word die hele skepping aangesê om God te verheerlik: “Loof die Here, die genadige en barmhartige God!”
Ons lees in vers 19 “Die Here het sy troon in die hemel gevestig, en sy koninkryk heers oor alles.” Vers 20-21 “Prys die Here, julle wat sy boodskappers is, sterk helde wat sy woord uitvoer deur sy bevel te gehoorsaam. Loof die Here, al sy hemelse magte, sy dienaars wat sy wil volbring.”
Hier kan ons sien dat Sy engele, ‘n leërskare van kragtige helde en dienaars is wat gehoorsaam is aan die stem van sy woord!
Lewe jy soos die engele totaal toegewei aan God, tot Sy absolute eer? Doen jy alles wat jy kan om Sy opdragte aan jou uit te voer? Sê jou siel vanoggend “Loof die Here?”
Seëngroete van ROHSA