Lukas 15:10 “So, sê Ek vir julle, is daar blydskap onder God se engele oor een sondaar wat hom bekeer.” of soos ‘n ander vertaling dit stel: “Ek sê vir julle, so sal die engele van God bly wees oor een sondaar wat verander en doen wat God wil hê.” Die engele is so opgewonde omdat God dan vereer word, Sy wil word dan hier op aarde uitgevoer, net soos in die hemel.
Dit beteken die engele het die eerste keer oor my gejuig in 1963, toe ek tot bekering gekom het. Ek was nog ‘n klein dogtertjie toe ek berou gehad het oor my sonde en Jesus vertrou het om my Redder te wees.
Ek dink die engele juig steeds elke keer wanneer ek my sonde belei. Soos wanneer ek nie ‘n wag voor my mond sit nie en God my dan oortuig dat ek uit lyn uit was.
Nadat ons die eerste keer ons sonde belei het, moet ons vir die res van ons lewens daarop ingestel wees om nie te sondig nie. Maar ons gaan val, daarom moet ons voortdurend ons sondes belei.
Herinner God jou nou aan enige sonde in jou lewe? Het jy berou daaroor, vra God om vergifnis, daar is engele wat saam met jou wil juig.
Seëngroete van ROHSA