icon-newsletter

Die bloudruk

 

Vroeër jare is jou huis se planne op groot velle papier gedruk met ‘n spesifieke blou ink. Met hierdie plan vir julle droom huis kan jy dan met groot opgewondenheid na die bouer toe gaan, om dit vir julle in ‘n werklikheid te omskep. Hoe sal jy voel en reageer as die bouer jou planne een kyk gee en sê dat hy nie die planne nodig het nie, hy bou sommer so uit die kop uit?

Ja? Wel, is dit minder belaglik as ons dit vir God se plan vir ons lewens sê? God het vir Moses tot in die fynste detail ‘n plan gegee hoe om die tabernakel te bou, en die mense van Israel het daar in die woestyn die plan uitgevoer. Hulle het die priesters se klere, die gordyne, al die meublement en toebehore en selfs die olie presies volgens God se voorskrifte gemaak.

In Eksodus 39 en 40 herhaal die frase “net soos die Here beveel het” 17 keer. Nadat hulle gehoorsaam was, het God se heerlikheid die tabernakel gevul.

Wil jy hê dat God se heerlikheid jou lewe, jou huis en jou gemeenskap vul? Dan moet jy eerstens gehoorsaam wees aan God se bloudruk plan – die Bybel.

Seëngroete van ROHSA