icon-newsletter

Die begin van die proses

 

“Dit neem my al so lank om deur hierdie seerkry te werk, maar ek sal wel eendag dit regkry om te vergewe.”

Wanneer jy seergemaak is, kan dit ‘n proses van genesing behels om dit te verwerk. Die probleem is dat baie mense dink dat hulle eers die proses moet afhandel, voordat hulle iemand kan vergewe. Miskien dink jy ook dat God jou dalk eendag daarheen sal lei om die persoon te vergewe, iets in die lyn van vergifnis volg op genesing? In werklikheid is dit omgekeerd – die genesings proses begin by vergifnis.

Deur God se genade kan jy in ‘n oomblik kies om die persoon te vergewe, en dan kan jy God toelaat om jou die genade te gee om van die pyn te genees. Miskien selfs jou verhouding met die persoon te herstel!

Sal jy daarvan hou om deur ‘n proses te werk waar jy van die seer in jou verlede genees word? Die groot vraag is egter, gaan jy die proses begin deur te kies om daardie persoon te vergewe? Kolossense 3:13-14 “Verdra mekaar en vergewe mekaar as die een teen die ander ‘n klag het; soos Christus julle vergeef het, so moet julle ook doen. En beklee julle bo dit alles met die liefde wat die band van die volmaaktheid is.”

Seëngroete van ROHSA