icon-newsletter

Die algenoegsame Een- El Shadai 

 

Selfs terwyl jy en ek ‘n konsekwente gees lewe saam met God ontwikkel, ervaar ons dat sommige seisoene moeiliker is as ander.

Soos ‘n nuwe mamma wat baie vinnig besef dat sy God se hulp meer as ooit nodig het. Maar sy is dalk so uitgeput dat sy nie regtig ‘n begeerte het om te bid of die Bybel te lees nie.

Nancy het een keer met ‘n nuwe mamma gesels wat in so ‘n situasie was. Eerder as om op haar skuldgevoel te speel, het Nancy een van haar gunsteling karakter name vir God met haar gedeel: El Shaddai—die Algenoegsame Een. Soos ons in Genesis 17:2 lees “Ek is El-Shaddai (Die Magtige God wat meer as genoeg is); leef goed in My Teenwoordigheid en wees sonder vlek.”

In Hebreeus beteken daardie stamwoord “shadaim” eintlik “bors”. Die prentjie hier is van God as die “geborste”. Net soos ‘n mamma haar bors uitstort om haar honger babatjie versadig te kry, bevredig El Shaddai ons behoeftige harte.

Nancy het daardie mamma aangemoedig om oor El Shaddai te mediteer, selfs terwyl sy haar baba in die middel van die nag voed. 

Voel jy uitgeput en honger? Fokus op God as die Algenoegsame Een en laat Hom toe om jou vul.

Seëngroete van ROHSA