Dink bietjie hieroor, ons spandeer eintlik baie tyd daaraan om ons lewens te ondersoek.
Ons maak seker ons grimering is nog reg na ete, ons klim elke oggend op die skaal om te sien of ons dalk ‘n kilogram verloor het. Sommige mense het selfs ‘n weeklikse begrotingsaand om seker te maak dat hulle bankrekening balanseer.
Wanneer laas het jy jou geestelike lewe so geevalueer?
Is die Bybel vir jou ‘n spieël wat vir jou areas in jou lewe uitwys wat verandering nodig het? Meet jy jou geestelike groei? Is jy vandag meer soos Jesus as wat jy ‘n jaar gelede was?
Om ons gesondheid en finansies dop te hou is wel baie belangrik. Maar daar is niks belangriker as was die Psalm skrywer in Psalm 139 sê: Here, U ondersoek my en U ken my. U is die een wat my sit en opstaan ken; U verstaan van ver af wat ek in gedagte het. My omswerwinge en waar ek rus – U het dit afgemeet; al my paaie is aan U bekend. Ja, daar is nog nie ‘n woord op my tong nie, kyk, dan ken U, Here, dit volledig! Van agter en van voor omsluit U my; U plaas u handpalms op my…. vers 23 Ondersoek my, o God, en ken my hart;
Seëngroete van ROHSA