icon-newsletter

Dankbaarheid en lof

 

Ons leer ons kinders om dankbaar te wees. Oor en oor vra ons “En wat sê jy? Dankie mamma”.  My vraag is, het ons as volwassenes ‘n ingesteldheid van dankbare harte? Dit gebeur so maklik dat ons vergeet om ook vir God dankie te sê.

Jesus het een keer tien melaatses genees, en hulle toe na die priester gestuur, soos die vereiste was vir hulle om te kon terug keer na die samelewing toe. 

Ons lees in Lukas 17 vanaf vers 14 “Meester, ontferm U tog oor ons!” Toe Hy hulle sien, sê Hy vir hulle: “Gaan wys julleself vir die priesters.” Op pad daarheen is hulle gereinig. Een van hulle het, toe hy sien dat hy gesond geword het, omgedraai en God met ‘n harde stem geloof. Hy het op sy gesig aan Jesus se voete neergeval en Hom gedank. Hy was ‘n Samaritaan. Jesus antwoord hom toe: “Is daar dan nie tien gereinig nie? Waar is die ander nege? Was daar niemand onder hulle te vinde wat omgedraai het om God te loof, behalwe hierdie vreemdeling nie?

Seëngroete van ROHSA