icon-newsletter

Dade wat bou

 

In Spreuke lees ons dat ons of soos ‘n bouer kan wees, of soos ‘n stootskraper. Spreuke 14:1 “’n Wyse vrou sorg vir haar huis; ‘n vrou sonder wysheid breek alles af.”

Bou jy op deur te dien met ‘n gewillige hart, sonder allerhande teen redenasies of stryery?  Galasiërs 5:13 ” ‘n Lewe deur die Gees. Julle, broers, is tog tot vryheid geroep. Moet net nie julle vryheid misbruik, sodat dit aanleiding gee vir die vlees nie, maar dien mekaar deur liefde.”

Bou jy jou huis deur na jou gesin se behoeftes om te sien? Of is jy huiwerig om te dien, verwaarloos jy daardie behoeftes deur ‘n gebrek aan beplanning, dissipline of begeerte? “Sy hou haar oog op die werk in haar huis; brood van luiheid eet sy nie.” Dit staan in Spreuke 31:27

“Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.” Romeine 12:2

Vernuwe jy jou gedagtes met die Skrif, of is jy meer vertroud met die stemme van hierdie wêreld? Om God se Woord te ken en dit te doen, sal jou help om van ‘n stootskraper na ‘n meesterbouer te verander.

Seëngroete van ROHSA