05:00 – gaan gimnasium toe
06:00 – maak die kinders wakker vir skool
11:00 – jy moet nog die verslag skryf
Dan moet jy onthou om voor tweede pouse daardie kolwyntjies by die skool te hê. Jy moet ook ten minste ‘n bietjie gesonde kos vir aandete maak, en betyds klaar wees sodat jy jou dogter half 6 by haar musiekles kan aflaai. Erens moet jy nog inkopies ook inpas. Geen wonder jy kom nie voor 12uur vannag in die bed nie.
Wêreldwyd het vroue die idee aanvaar dat ons “dit alles kan doen.”
Mense wat dink dat hulle veronderstel is om elke versoek en taak wat in hulle rigting kom, uit te voer, eindig gewoonlik oorweldig en gefrustreerd op.
Wanneer ons verstaan wat God wil hê ons moet doen en Sy hulp vra, lei dit tot meer vryheid en vreugde.
Wat motiveer jou om in te stem vir al die aktiwiteite? Probeer jy ‘n goeie indruk maak? Is dit net dat jy nie “nee” kan sê nie? Weet jy nie hoe om jou skedule anders te laat lyk nie? Het jy vir God gevra wat op Sy agenda is vir hierdie seisoen van jou lewe?
“As enigiemand van julle wysheid kortkom, laat hy dit vra van God, wat aan almal gee, sonder voorbehoud en sonder verwyt, en dit sal aan hom gegee word.”
Jakobus 1:5
Vra Hom!
Seëngroete van ROHSA