icon-newsletter

Daar is meer as die onverskoonbare 

 

Soms lyk dit vir ons of mens ‘n punt kan bereik waar vergifnis totaal en al onmoontlik is – totdat ons na Jesus kyk.

Jesus die Messias is verag en gehaat, bespot, verneder, verraai en brutaal gemartel. Wat was Sy reaksie op hierdie soort behandeling? Hy het gesê: “Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie.”

As Jesus vergifnis kon bied aan diegene wat besig was om Hom op daardie oomblik te vermoor, en aan elkeen wat Hom kruisig. Dan is ek en jy sekerlik in staat om vergifnis te bied aan diegene wat aan ons verkeerd doen – maak nie saak hoe pynlik dit is nie.

Ons hoef gelukkig dit nie alleen te probeer doen nie. Dieselfde Een wat vergifnis aan die kruis aangebied het, kan deur ons leef en vir ons Sy vermoë gee om te vergewe.

C.S. Lewis het gesê: “Om ‘n Christen te wees, beteken om die onverskoonbare te vergewe, want God het die onverskoonbare in ons vergewe.”

Wanneer dit by vergifnis kom, sou ons Here ons nie beveel om iets te doen en ons nie in staat stel om dit te kan doen nie, of wat Hy nie self eers gedoen het nie!

 

Seëngroete van ROHSA