Sou jy enige vrou vandag vra hoe dit met haar gaan, gaan jy waarskynlik een van die volgende antwoorde kry:
- Daar is net soveel aan die gang in ons familie, meer as ooit tevore… of
- Ek kan net nie byhou met alles wat ek moet doen nie, dalk antwoord sy
- Hoekom voel dit of ek net altyd en die heeltyd besig bly?
Ek dink deel van die probleem is dat ons dink, dat daar nie genoeg tyd is om alles te doen, wat ons veronderstel is om te doen nie. My eie dag eindig soms met ‘n langer lysie van wat gedoen moet word, as waarmee ek begin het! Maar Jesus was anders. Hy het presies reggekry wat God wou gehad het Hy moes vermag.
Luister na Sy gebed in Johannes 17:4 “Ek het U op die aarde verheerlik deur die werk te volbring wat U My gegee het om te doen.” Jesus het nie probeer om alles op aarde gedoen te kry nie en ons is ook nie veronderstel om dit reg te kry nie.
Ons prioriteit moet wees om net dit te doen wat God aan ons opgedra het om te doen. Wat ‘n verligting om te weet dat daar genoeg tyd is om alles wat op God se lysie vir vandag is, te kan doen.
Seëngroete van ROHSA