icon-newsletter

Chirurgie

 

Ek ken ‘n vrou wat langs haar man by ‘n huweliks verrykings naweek gesit het en terselfdertyd besig was om ‘n lysie in haar kop te maak van al die maniere waarop hy moes verander.

Toe, onverwags, het die Gees van God begin om ‘n bonatuurlike operasie in haar hart te doen.

Sy vertel: “God het die lae van my hart begin terug skil. Daar was bitterheid, haat, rebellie en ’n onderliggende trots in my hart wat my gesindheid teenoor hom en almal om my, ernstig negatief beïnvloed het.”

In daardie oomblike met God, het hierdie vrou gebrokenheid gekies. Sy het God gevra om haar te vergewe. En toe ontdek sy dat gebrokenheid saligheid bring. Jesus het gesê: “Geseënd is die armes van gees” (Matt. 5:3).

Terwyl jy dalk nou skielik dink aan ‘n moeilike verhouding waarin jy betrokke is, sit jy dalk self terug en wag dat die ander persoon moet verander? Is daar dalk eerder ‘n geestelike operasie in jou eie hart nodig? Is jy bereid om toe te laat dat God vir jou, jou eie tekort kominge en foute uit wys en jou hart verander?

Seëngroete van ROHSA