icon-newsletter

C.L. Culpepper

 

Dr C.L. Culpepper was ‘n sendeling in China in die 1920’s wat regtig probeer het om hard vir God te werk. Hy het by geleentheid saam met ander Christenleiers spesifiek vir herlewing gebid, maar toe tot die diepe oortuiging gekom dat hy self ‘n geestelike droogte beleef . Hy vra toe vir God ‘n belangrike vraag: “Here, wat gaan aan met my?”

Die volgende dag het hy weer die groep biddende leiers ontmoet, en daar sy sonde van trots voor hulle belei. Al het hy baie hard vir God gewerk, het hy besef dat hy eintlik daarvan hou om bekend te staan as die “wonderlike sendeling” en dat hy besig was om God se eer te steel. Sy beleidenis, het die ander leiers tot ‘n punt van geestelike gebrokenheid gebring. Die wonder wat hieruit gevloei het, was dat die enorme Shantung Herlewing later in daardie gemeenskap begin het. God het die leiers se gebede verhoor, maar hulle moes self eers ‘n plek van nederigheid voor God inneem.

Ons almal kan in die slaggat van geestelike hoogmoedigheid trap, daarom moet ek en jy ook vir God vra “Here, wat gaan aan met my?”

1 Petrus 5:6 sê “Onderwerp julle daarom in nederigheid aan die kragtige hand van God, sodat Hy julle kan verhoog op die tyd wat Hy bestem het.”

Seëngroete van ROHSA