In jou alledaagse lewe, hoe besluit jy watter take jou prioriteite van die dag gaan wees? Is dit die kinders se skool aktiwiteite wat dit gaan bepaal, dalk julle gunsteling programme op die televisie of het jy ‘n oulike toep op jou selfoon wat dit vir jou uitwerk? Het jy al daaraan gedink om jou te-doen lysie op te stel met jou Bybel se hulp?
1 Timoteus 5:10 noem ‘n paar prioriteite – om jou kinders goed groot te maak, om gasvry te wees, as jy mense in verdrukking by staan, en goed gedoen het waar jy kon.
Titus 2 noem ook ‘n paar: Jy moet ander gelowiges leer wat God van hulle verwag, veral die jonger vroue. Jy moet vir hierdie vroue sê dat hulle baie lief vir hulle mans en kinders moet wees. Verder moet jy ook vir hulle leer om met wysheid op te tree en om hulle nie aan buite egtelike verhoudings skuldig te maak nie.
Word jou lewe gekenmerk deur empatie, opofferings en diensbaarheid? Hoeveel prioriteit geniet jou eie gesin en familie in die opstel van jou daaglikse aktiwiteite?
Is jy besig om jou kennis van die Woord van God te verbreed en om toe te laat dat die Woord jou te-doen lysie vir hierdie dag bepaal?
Seëngroete van ROHSA