icon-newsletter

Bou op die rots

 

Matteus 7:24-27 “Elkeen dan wat hierdie woorde van My hoor en daarvolgens handel, kan vergelyk word met ‘n verstandige man wat sy huis op rots gebou het. Die stortreën het geval, vloedwaters het afgekom, winde het teen daardie huis gewaai en daaraan geruk, en tog het dit nie ingestort nie, want die fondament was op rots. En elkeen wat hierdie woorde van My hoor en nie daarvolgens handel nie, kan vergelyk word met ‘n dwaas wat sy huis op sand gebou het. Die stortreën het geval, vloedwaters het afgekom, winde het teen daardie huis gewaai en daaraan geruk, en die huis het ingestort en is heeltemal verwoes.”

Ons ken die Skrifgedeelte, baie van ons sing ‘n liedjie hieroor al van kleintyd af. Het jy opgelet dat beide die wyse en dwase God se woorde gehoor het, maar die dwaas het nie daarop gereageer nie.

Die storms van die lewe gaan jou tref, of jy nou wys of dwaas optree. Die verskil in die uitkoms hang daarvan af of jy wys was toe jy jou fondasie gebou het.  

Is jy besig om ‘n sterk fondasie van gehoorsaamheid aan God se woord te bou?

Seëngroete van ROHSA