icon-newsletter

Bou mekaar op 

 

Die apostel Paulus skryf die boek 1 Korintiërs aan gelowiges wat besig was om in groepe te verdeel en onderling met mekaar baklei het. Hy het hulle probleme aangespreek deur oor liefde te skryf. Jy sal in die hele boek van Korintiërs ontdek wat ons kan vermy deur uit hulle voorbeeld te leer.

Byvoorbeeld, so sal ons in ‘n gemeenskap waar daar liefde is, mekaar opbou. Ons sal dan ons eie persoonlike vryheid prysgee as ons ander daardeur kan opbou. Selfs as iets volgens die Woord toelaatbaar is, sal ons dit nie doen as ander daardeur kan struikel in hulle wandel met God nie. Dit is die weg van liefde.

As ons die weg van liefde volg, sal ons eerder terug staan as om op ons regte te staan.  Ons sal selfs bereid wees om te ly ter wille van die evangelie.

Wandel jy in die weg van liefde? Demonstreer jy die mooi van God se liefde in jou gemeenskap?

Seëngroete van ROHSA