Wanneer ons uitgevang word dat ons iets verkeerds gedoen het, is ons geneigdheid om onsself te verontskuldig en die skuld na iemand anders te verskuif. Hier is ‘n voorbeeld deur een van ons lesers: “My man het kort kort rond gekuier, en daarom het ek begin belangstel in hierdie ou by die werk. Selfs toe ons meer bymekaar betrokke geraak het, was dit steeds nie so erg as wat my man gedoen het nie.”
Dit word die “blameer-speletjie” genoem. Hierdie spel dateer terug na die tuin van Eden. God het vir Adam gevra: “Het jy van die boom geëet?” Adam het vir Eva die skuld gegee. Toe God vir Eva vra, het sy die slang blameer.
Maar God het hulle nie gevra wat iemand anders verkeerd gedoen het nie. Hy het elkeen van hulle gevra om verantwoordelikheid vir hul eie gedrag te aanvaar. En Hy vra vir ons dieselfde. Mense sal ons seer maak en ons in die steek laat, maar dit is nooit ‘n verskoning vir sonde nie.
Hier is die goeie nuus: Wanneer ons verantwoordelikheid aanvaar vir ons dade en ons sonde erken, kan ons vry wees deur die bloed van Christus. “Wie sy oortredings bedek, sal nie sukses behaal nie; maar hy wat dit bely en dit laat vaar, ervaar ontferming. Gelukkig is ‘n mens wat voortdurend ontsag koester vir God! Maar wie sy hart verhard, stort in die ellende.” Spreuke 28:13-14
Het jy iets om reg te maak voor God?
Seëngroete van ROHSA