Nancy vertel dat sy ‘n tydjie gelede by ‘n konferensie gepraat het oor die onderwerp van vergifnis. Daarna het ‘n vrou ‘n notatjie geskryf oor die vryheid wat sy ervaar het.
In die nota staan: Ek het vroeër tydens die konferensie gebed gevra vir ‘n rugprobleem waarmee ek stoei. Nadat ek my sussie en ma vergewe het, het ek opgemerk dat die pyn in my rug weg is. Ek dink dat ek in my hart en in my liggaam genees is deur die stap te neem om hulle te vergewe.
Nancy sê vir ons dat niemand jou die waarborg kan gee dat as jy vergewe, al jou pyne en skete sal verdwyn nie. Maar ons weet wel dat onvergewensgesindheid tot bitterheid lei, en dat bitterheid dikwels tot fisiese spanning en pyn lei.
Verder lees ons in Hebreers 12:14 Streef na vrede met almal en na die heiligmaking, waarsonder niemand die Here sal sien nie. Sien toe dat niemand die genade van God verspeel nie, sodat geen wortel van bitterheid opskiet, en moeilikheid veroorsaak, en baie daardeur besoedel word nie;
Maak selfs net die gedagte aan ‘n sekere persoon jou gespanne? Is daar dalk ‘n wortel van bitterheid in jou hart wat deur fisiese stres of pyn manifisteer? Indien wel, is die eerste stap na genesing om te vergewe. Sal jy asb vandag die pad van Lewe kies, ook vir jou emosionele en dalk selfs fisieke welstand?
Seëngroete van ROHSA