icon-newsletter

Binnekamers van die dood

Sjoe, dit klink baie erg nê? Ons bediening kry te veel e-posse waar mense dinge sê soos:
“Ek is baie op sosiale media om uit my eensame, leë huwelik te ontsnap. So kon ek kontak maak met wonderlike mense. Daar is man op Facebook met wie ek heerlik kuier; ek moet nou besluit of ek eerder my man gaan los vir hom.”

Dit herinner my aan die vrou waarvan ons lees in Spreuke 7. Sy sien ‘n jong man en sê: “Kom ons drink die hele nag van die liefde, kom ons geniet die liefde. Ons kan dit doen, want my man is nie by die huis nie.”
Spreuke sê verder oor daardie vrou: “Paaie na die doderyk is haar huis; hulle lei af na die binnekamers van die dood.” Vers 27.

Moenie dat dit jou lewe beskryf nie. Daar is dalk ‘n paar dinge wat jy nie van jou huwelik hou nie, maar neem dit na die Here, en laat Hom die begeertes van jou hart bevredig. God kan jou die krag gee om in jou huwelik te belê en dit beter te maak, terwyl jy Sy aangesig soek.

Seëngroete van ROHSA