icon-newsletter

Bid vir jouself

 

Ons moét vir onsself bid. Dit mag dalk vir jou selfsugtig klink, maar dit is nie. Nie as ons doel is dat God in ons lewens verheerlik moet word nie. In Jakobus 5:13 sien ons dit is ‘n opdrag aan elkeen van ons: “As iemand van julle swaarkry, moet hy bid. As iemand opgeruimd is, moet hy psalms sing.”

Oor die jare heen is daar ‘n paar dinge wat ek al oor-en-oor vir myself gebid het:

  • Ek vra steeds vir God om my hart te bewaar—om dit rein te hou. 
  • Ek vra ook vir God om my met Sy liefde te vul, om my deernisvol en sensitief te maak vir die behoeftes van ander. 
  • Ek vra Hom ook gereeld om my met Sy Gees te vul—om my van myself leeg te maak en my met Jesus te vul.

Hier is nog ‘n paar dinge wat ek vir myself bid: Ek bid dat ek met nederigheid beklee sal word; dat ek gebroke en arm van gees sal wees; dat God van my ‘n getroue dienskneg maak; dat ek wysheid en onderskeidingsvermoë sal hê. Ek vra Hom ook om my tong te bewaar en om vir my ‘n dankbare hart te gee.

Dit is nie selfsugtig om vir jouself te bid wanneer ek en jy besef hoe desperaat ons is en hoe nodig ons die Here het nie. Bid jy ook dat jy meer soos Hy kan word?

Seëngroete van ROHSA