icon-newsletter

Bid Skrif

 

Ons weet dat ons veronderstel is om binne God se wil te wees, en dan veral om volgens die wil van God te bid. Daar is een veilige manier waarop ons dit kan doen, dit is wanneer ons die Woord van God tot Hom terug bid.

2 Samuel 7 wys vir ons een van koning Dawid se gebede. Al wat hy gedoen het was om God te vra om die woord te bewaar wat deur die profeet Natan tot hom gekom het. Dawid sê vir God: “En nou, Here God, doen wat U belowe het oor my en my nageslag en bevestig dit vir altyd sodat u Naam vir altyd geëer mag word” (vs. 25–26).

God het reeds belowe dat een van Dawid se nageslag sou voortgaan om op die troon te sit. Dawid het net in gebed herhaal wat reeds belowe is.

Ons kan dieselfde doen deur die Bybel tot God terug te bid. As jy ooit voel dat jy nie God se wil ken nie en nie weet wat om te bid nie, probeer om deur Skrifgedeeltes vir God te vra, om die dinge te doen wat Hy reeds in Sy Woord bevestig het.

Seëngroete van ROHSA