Dis nogal maklik om baie besig te raak met dinge doen vir God. Wanneer mens so besig word, is ons geneig om te vergeet waarom ons in die eerste plek vir Hom wou diensbaar wees. Dis hierdie kommisie by die kerk, en daardie vroue aksie vergadering, met kooroefening en sopkombuis etes ook tussen in gevleg.
Hooglied 1:6 “hulle het my aangestel as oppasser van die wingerde; my eie wingerd het ek nie opgepas nie.”
Ek dink ons verwaarloos ongelukkig ons eie geestelike wingerde, wanneer ons so besig is om orals te dien. Daar is net soveel ure in ‘n dag beskikbaar, wat veroorsaak dat ons tyd vinnig opgebruik word deur net besig te wees; en dan het ons nêrens tyd oor om intimiteit met God te kweek nie. Hoe kan ons dan die Een ken, vir wie ons al hierdie dinge wil doen?
Sal jy asseblief bietjie stilstaan en jou skedule her evalueer? As jy nie tyd in gebed en die Woord van God spandeer nie, is dit dalk nou die tyd om ‘n paar veranderinge aan te bring.
Seëngroete van ROHSA