icon-newsletter

Berou

 

Hoekom gebruik die pastoor moeilike woorde wat ek nie verstaan ​​nie? Hy praat gedurig van “berou” en “gebrokenheid”.

Wat beteken dit om berou te hê, hoe is ‘n mens gebroke? 

Kom ons kyk eerste na Jesaja 57:15, waar God sê: “Ek woon in ’n hoë, heilige plek, maar ook saam met die mens wat berouvol en nederig is. Ek gee nuwe krag aan dié wat nederig is en aan dié wat verdruk word, en nuwe krag aan dié wat berouvol is.” 

Daardie woord “berouvol” beteken “om vergruis of in stukke gebreek te word.” ‘n Ander vertaling sê: “Ek bly wel hoog daar bo, maar Ek bly ook by mense hier onder wat verneder en nederig is. Ek laat hulle weer uit die grond uit opstaan.”

Net ‘n paar hoofstukke vroeër gebruik Jesaja ‘n variasie op daardie selfde woord wanneer hy oor Jesus profeteer. “Hy is egter deurboor oor ons oortredings, verbrysel oor ons sondeskuld.” (Jesaja 53:5).

Jesus is verneder en verbrysel aan die kruis – oor die prys van sonde, sodat jy en ek  die opstandingslewe deur Hom kon verkry. God sê Hy sal tot ons nader wanneer ons ‘n gebroke, berouvolle hart het oor ons sonde, net soos Jesus Christus, ons Verlosser gehad het.

Seëngroete van ROHSA