icon-newsletter

Belydenis

 

So baie mense dra swaar aan ‘n skuldige gewete en skuldgevoelens. Ons sê soms iets leliks vir iemand wat ons later so sleg oor voel dat ons nie eers daaroor kan bid nie. 

Spreuke 28:13 sê: “Wie sy oortredings verwyg, sal nie voorspoedig wees nie. Wie sy sonde bely en daarvan afsien, sal genade ontvang.” Belydenis is so ‘n belangrike deel van ‘n lewe van heiligmaking.

Wanneer ons sondig, moet ons dit natuurlik eerste voor God bely, omdat elke sonde eindelik ‘n oortreding teenoor God is.

Tweedens, moet ons teenoor diegene wat ons te na gekom het bely en hulle vergifnis vra.

En dertens, is dit soms nodig om ons sonde teenoor ander gelowiges te bely. Hierdie soort belydenis kan help om sondige patrone in ons lewens te breek. Soos Jakobus ons leer in hoofstuk 5:16 “Bely julle sondes eerlik teenoor mekaar en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word.”

Wanneer laas het jy vir God gevra of daar iets onderliggends in jou lewe is wat jy moet bely?

Seëngroete van ROHSA