Wanneer ons dink aan diegene wat ons met wrede woorde beledig of verkleineer het, is dit gewoonlik vir meeste van ons ‘n natuurlike reaksie om in woede te reageer.
Koning Dawid het vir ons ‘n voorbeeld gestel van hoe mens op ‘n bonatuurlike manier kan reageer. In 2 Samuel lees ons van ‘n tyd toe iemand aanhoudend beledigings en vloeke na koning Dawid se kant toe geskree het. As koning kon hy die man laat boet het met sy lewe, maar koning Dawid se reaksie het getoon dat hy absolute vertroue in God se soewereiniteit gehad het.
Dawid het gesê: “Miskien let die Here op my ellende en beloon Hy my met iets goeds vir vandag se vervloeking.” 2 Samuel 16:12
Indien iemand se skel woorde en beledigings in jou gedagtes spook, vra God om jou ‘n persoonlike openbaring van Sy soewereiniteit te gee. Hy kan jou help om volkome te genees deur Sy krag.
Seëngroete van ROHSA