Weet jy watter tipe situasies heel moontlik daartoe sal lei dat jy sondig?
Iemand vertel dat alles voor die wind met hom gaan. En dan flits daar ‘n advertensie op tv, of hy en sy vrou kyk ‘n fliek wat die gedagtes in sy kop aan die gang sit. Kort voor lank bevind hy homself voor sy rekenaar besig om agter sy vrou se rug na goed te kyk, wat hy weet haar sal seermaak as sy daarvan uitvind.
Die apostel Paulus het vir die kerk in Tessalonika hierdie woorde in 1 Tes 4:3 geskryf: “Dit is die wil van God dat julle heilig moet lewe. Weerhou julle van onsedelikheid. vs7 God het ons nie geroep om onsedelik te lewe nie, maar om heilig te lewe.”
Is jy bewus van die dinge wat jou gedagtes laat dwaal? Miskien is dit ‘n spesifieke liedjie, of dalk iemand met wie jy weet jy nie te veel tyd saam moet spandeer nie. Dink ‘n bietjie watter situasies vir jou moeilik is om te weerstaan. Vra God om jou te help en jou genadig te wees, sodat jy daardie sneller-situasies kan vermy..
Seëngroete van ROHSA