icon-newsletter

As ek iets voel

 

Ek is al van kleins af geleer dat God my liefhet, maar ek het nie geliefd gevoel nie.

Ons emosies is nie altyd baie betroubaar nie. Dit verg nie baie om ons gevoelens te laat opvlam nie – ‘n mooi sonnige dag, ‘n kompliment of ‘n onverwagse oproep van een van jou hartsmense . Maar wanneer donker wolke saam pak of ons voel dat ons ‘n bietjie gewig aangesit het, kan ons straks net so maklik in ‘n emosionele gat val.

Ek weet dat God my geskape het en dat Jesus vir my gesterf het, maar ek het nog nooit vreeslik waardevol gevoel nie.

Ongeag van wat ons emosies vir ons wil sê, moet ons leer om ons harte te oortuig van die waarheid. In die laaste hoofstuk van Filipense gee Paulus vir ons raad oor hoe om dit reg te kry: “Wees altyd bly in die Here… Moet oor niks besorgd wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend… Alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is – daarop moet julle julle gedagtes rig.”

Kom ons bedink hierdie woorde vandag, ongeag van ons emosies.

Seëngroete van ROHSA