icon-newsletter

Ander se insette

 

Ons het verskillende vlakke van intimiteit met verskillende mense. Die meeste is meer soos kennisse, maar sommige is met intieme vriende. Een van die dinge wat ek die meeste waardeer van my naby hartsvriende, is om die telefoon te kan op tel en hulle raad te vra.
Ek het al raad gevra vir dinge soos versagmiddels, verhoudings en versekeringsdekking, die aanstelling van personeel tot die skedulering van konferensies. Ek is so dankbaar vir al my wyse, goeie vriende.
Het jy geweet dat God ‘n besonders intieme vriend vir jou wil wees? Hy wil regtig hê jy moet na Hom toe kom met jou diepste bekommernisse en eerlikste vrae.
Jakobus het geskryf: “As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid, en Hy sal dit aan hom gee, want God gee aan almal sonder voorbehoud en sonder verwyt. “ Jakobus 1:5
Het jy vandag wysheid nodig? Hoekom nie tyd spandeer om God vir hulp te vra en dan ook jou Bybel oop te maak vir raad nie? Jy gaan nêrens beter raad as by Hom kry nie.

Seëngroete van ROHSA