Wanneer jy bid en God geloof het vir wie Hy is, kan jy verder fokus op jou eie versoeke. Ek dink nie dit maak saak hoe jy jou gebedsversoeke organiseer nie, maar ek dink ons kan seker maak dat ons versoeke in drie kategorieë val.
- Bid eerstens vir die uitbreiding van God se koninkryk hier op aarde.
“Here, U Naam is heilig en verhewe, mag dit so gerespekteer word deur mense. Mag U Naam oral deur elke volk en taal aanbid en geëer word.”
- Bid vir ander
“Here ek bid vir my gesin, leiers, my pastoor, die politieke leiers, my werkgewer. Laat elkeen van hulle die moed en integriteit hê om U wil te doen.”
- Bid vir jouself
“Here lei my asseblief, help dat ek U in nederigheid volg en dien. Waak asseblief oor my motiewe en ingesteldheid. Help my asseblief om lief te hê met my hele hart, elke gedagte en al my energie.
As jou gebedstye sporadies is of ongebalanseerd voel, hoekom probeer jy nie hierdie patroon nie? Bid vir Sy koninkryk, ander, en dan vir jouself. Ja, herinner hierdie jou ook aan Jesus se voorbeeld, waar Hy ons in Matteus 6 vanaf vers 9 leer om tot Ons Vader te bid?
Seëngroete van ROHSA