icon-newsletter

Manifes

True Woman

Manifes

‘n Persoonlike en korporatiewe verklaring van geloof, toewyding en biddende strewe – wat ten doel het om Christus te loof en die heerlikheid en verlossende liefde van God regoor die wêreld te openbaar.

ONS GLO dat God die soewereine Heer van die heelal en die Skepper van lewe is en dat alles wat geskape is, bestaan om Hom te behaag en te eer.[1]

ONS GLO dat die mens as man én vrou geskape is en dat dit deel was van God se doelbewuste, manjifieke en wyse plan; dat man en vrou bestem is om die beeld van God in eenheid en as individue te weerspieël.[2]

ONS GLO dat sonde ons van God geskei het en die oorsaak is dat ons nie Sy beeld weerspieël soos dit bedoel was toe ons geskape is nie. Ons enigste hoop vir herstel en redding is om ons sondes te bely en om Christus te vertrou, omdat Hy ‘n sondelose lewe gelei en in ons plek gesterf en uit die dood opgestaan het.[3]

ONS BESEF dat ons in ‘n kultuur lewe wat nie altyd en in alles God se reg om te regeer erken nie, nie die Woord as riglyn vir die lewe aanvaar nie en wat die gevolge dra van die verwerping van God se bedoeling vir die mens.[4]

ONS GLO dat Christus besig is om hierdie sondige wêreld te verlos en alles nuut te maak, en dat Sy volgelinge geroep word om te deel in Sy verlossingswerk wanneer hulle daarna strewe om, deur God se krag, elke aspek van die mens se lewe wat deur sonde geskend en vernietig is, te herstel.[5]

As Christen vroue, is dit ons begeerte om God te eer deur selfs teen ons kultuur in op te tree en sodoende die wonder van Christus en Sy reddende evangelie vir die wêreld te demonstreer.

Op hierdie punt, bevestig ons dat…

DIE WOORD God se gesaghebbende middel is om ons te onderrig in Sy weë. Hierin word Sy heilige bedoeling vir ons vrouwees, ons karakter, ons prioriteite, ons onderskeie rolle, verantwoordelikhede en verhoudings weerspieël.[6]

ONS VERHEERLIK GOD en beleef Sy seën wanneer ons Sy skeppingsplan, doel en orde vir ons lewens aanvaar en met vreugde en ope arms aanneem.[7]

AS VERLOSTE SONDAARS, kan ons alleen deur die reddende werk van Jesus en die werking van die Heilige Gees in ons, die mooi van Bybelse vrouwees uitleef.[8]

MANS EN VROUENS is beide geskape na die beeld van God en hulle is gelyk in waarde en waardigheid, maar hulle het onderskeie rolle en funksies in die huis en in die kerk.[9]

ONS IS GEROEPE as vrouens om ons mans te bekragtig en aan te moedig in hulle strewe na goddelike manlikheid en hulle te ondersteun in hulle God-gesentreerde leierskap in die huis en kerk.[10]

DIE HUWELIK, soos geskep deur God, is ‘n heilige, bindende, lewenslange verbond tussen een man en een vrou.[11]

WANNEER ONS NEDERIG GEHOOR GEE aan manlike leierskap in ons huise en kerke, demonstreer ons ‘n eerbare gehoorsaamheid en dit weerspieël Christus se onderdanigheid aan God Sy Vader.[12]

SELFSUGTIGE AANDRANG op persoonlike regte is teenstrydig met die gees van Christus wat Homself verneder het, die vorm van ‘n slaaf aangeneem en Sy lewe neergelê het vir ons.[13]

DIE MENS SE LEWE is kosbaar vir God en moet gerespekteer en beskerm word, vanaf bevrugting tot en met regmatige dood.[14]

KINDERS is ‘n seën van God, en vroue is op unieke wyse geskape om kinders in die lewe te bring en liefdevol te versorg, of dit hulle eie biologiese of aangenome kinders, of enige ander kinders in hulle invloedsfeer is.[15]

GOD SE PLAN met geslag strek wyer as die huwelik; alle vroue, hetsy getroud of enkellopend, moet vroulikheid uitbeeld in hulle verskeie verhoudings deur ‘n besonderse beskeie, responsiewe en sagmoedige gees te opbenbaar.[16]

SWAAR KRY is ‘n onafwendbare realiteit in ‘n gevalle wêreld; met tye sal ons geroep word om swaar te kry ter wille van wat goed is – en op te kyk na die hemel vir erkenning eerder as aardse troos – ter wille van die evangelie en die bevordering van die Koninkryk van God.[17]

VOLWASSE CHRISTEN VROUE het ‘n verantwoordelikheid om ‘n erfenis van geloof na te laat, om jonger vroue te dissipeleer in die Woord en die weë van God en om vrug te dra en vroulikheid aan die volgende generasie te moduleer.[18]

DEUR BOGENOEMDE TE GLO, verklaar ons, ons begeerte en intensie om ware vroue van God te wees. Ons wy onsself daaraan toe om Sy roeping en doel vir ons lewens uit te leef. Deur Sy genade en in nederige afhanklikheid van Sy krag, sal ons:

  1. Daarna streef om die Here ons God lief te hê met ons hele hart, siel, krag en verstand.[19]
  1. Graag die beheer van ons lewens oorgee aan Jesus Christus – ons sal sê: “Ja Here” vir die Woord en die wil van God.[20]
  1. Vrouens van die Woord wees, wat begeer om te groei in ons kennis van die Skrif en om te leef in ooreenstemming met suiwer leringe in elke area van ons lewens.[21]
  1. Ons verhouding met God en ons gemeenskap koester in gebed – met lof, danksegging, belydenis, intersessie en smeking.[22]
  1. Met ope arms en met nederigheid, dankbaarheid, geloof en vreugde ons unieke doel en roeping as vrouens aanneem en uitleef.[23]
  1. Daarna streef om God te eer deur deugde soos reinheid, nederigheid, onderdanigheid, beskeidenheid en liefde te koester.[24]
  1. Behoorlike respek toon aan mans én vrouens as die geskapenes na God se beeld; om ander as beter as onsself te ag en te begeer om hulle op te bou; en bitterheid, woede en kwaadpratery te vermy.[25]
  1. Getrou inskakel by ons plaaslike gemeentes, onsself onderwerp aan ons geestelike leiers, saam groei as gemeenskap van gelowiges en die gawes gebruik wat Hy vir ons gegee het. Dan kan ons ander dien, die Liggaam van Christus opbou en Sy verlossingsdoel in die wêreld uitleef.[26]
  1. Daarna streef om huise van liefde, genade, skoonheid en onderdanigheid aan God te vestig; huise wat ‘n atmosfeer skep waarin lewe gekoester word en waardeur Christelike gasvryheid aan die wêreld gedemonstreer word.[27]
  1. Die heiligheid, reinheid en permanensie van die huweliksverbond eer, of dit ons eie of ander s’n is.[28]
  1. Kinders ontvang as ‘n seën van God, met die strewe om hulle te onderrig om God lief te hê en te volg en hulle lewens toe te wy aan die uitbreiding en opbou van Sy Koninkryk.[29]
  1. Die mandaat van Titus 2 uitleef. As ouer vroue sal ons Goddelikheid moduleer en sal ons die jonger vroue leer om God te behaag in elke opsig. As jonger vroue sal ons die onderrig van ouer vroue in sagmoedigheid en nederigheid aanvaar en daarna streef om volwasse vroue van God te word wat weer die volgende generasie kan leer.[30]
  1. Na geleenthede soek om die evangelie van Christus met ongelowiges te deel.[31]
  1. God se hart weerspieël vir die armes, swakkes, onderdruktes, weduwees, weeskinders en gevangenes, deur na hulle uit te reik en hulle te bedien en na hulle praktiese en geestelike behoeftes om te sien – in die naam van Jesus. [32]
  1. Bid vir ‘n beweging van herlewing en hervorming onder God se mense wat sal lei tot die uitbreiding van die Koninkryk en die evangelie van Christus onder alle nasies.[33]


[1]  1 Kor 8:6 Kol 1:16   Open 4:11

[2]  Gen 1:26-27, 2:18   1 Kor 11:8

[3]  Gen 3:1-7, 15-16   Mark 1:15   1 Kor 15:1-4

[4]  Spr 14:12   Jer 17:9   Rom 3:18, 8:6-7   2 Tim 3:16

[5]  Ef 4:22-24 Kol 3:12-14   Titus 2:14

6    Josh 1:8  2   Tim. 3:16 2    Pet 1:20–21 3:15–16
7 1 Tim 2:9    Tit 2:3–5  1 Pet 3:3–6
8 Joh 15:1–5    1 Kor 15:10    Ef 2:8–10 Fil 2:12-13
9 Gen 1:26–28,  2:18    Gal 3:26–28   Ef 5:22–33
10 Mark 9:3510:42–45    Gen 2:18  1 Pet 5:1–4   1 Kor 14:34    1 Tim 2:12, 3:7
11 Gen 2:24    Mark 10:7–9
12 Ef 5:22–33   1 Kor 11:3
13 Luk 13:30    Joh 15:13    Ef 4:32   Fil 2:5-8
14 Ps 139:13–16
15 Gen 1:28,  9:1   Ps 127  Titus 2:4–5
16 1 Kor 11:2–16    1 Tim. 2:9–13
17 Matt 5:10–12   2 Kor. 4:17   Jak 1:12    1 Pet 2:21–23, 3:14-17,  4:14
18 Titus 2:3–5
19 Deut 6:4–5    Mark 12:29–30
20 Ps 25:4–5    Rom 6:11–1316–18    Ef 5:15–17
21 Hand 17:11    1 Pet 1:15   2 Pet 3:17–18    Titus 2:13–57
22 Ps 5:2    Fil 4:6    1 Tim 2:1–2
23 Spr 31:10–31    Kol 3:18   Ef 5:22–2433b
24 Rom 12:9–21    1 Pet 3:1–6    1 Tim 2:9–14
25 Ef 4:29–32   Fil 2:1–4    Jak 3:7–10, 4:11
26 Rom 12:6–8,  14:19    Ef 4:1529    Heb 13:17
27 Spr 31:10–31    1 Tim. 5:10    1 Joh 3:17–18
28 Matt 5:27–28   Mark 10:5–9    1 Kor. 6:15–20    Heb. 13:4
29 Ps 127:3   Spr 4:1-23,  22:6
30 Titus 2:3–5
31 Matt 28:19–20   Kol. 4:3–6
32 Matt 25:36    Luk 10:25–37    Jak 1:27   1 Tim 6:17–19
33 2 Kron 7:14   Ps 51:1–11,  85:6   2 Pet 3:9