icon-newsletter
Sign up to read through the Bible in 2026 with women around the world.  WITH GOD'S HELP, I WANT IN

Waarheid in ons harte

 

Hierdie is Seeking Him, deur Nancy Demoss Wolgemuth

Dit is vir ons natuurlik om ons foute en mislukkings te probeer wegsteek.

Hoeveel mense baklei nie by die huis of in die kar oppad kerk toe nie, maar by die kerk hou hulle ‘n goeie front voor sodat ander mense dink dat alles goed gaan.

Om God se aangesig te soek vir persoonlike herlewing vereis ‘n eerlikheid wat dalk aan die begin soos ‘n bedreiging kan voel. Ons is gewoond daaraan om ons sonde weg te steek, maar voordat ons herlewing kan beleef, moet ons eers eerlik wees oor ons ware geestelike toestand.

Die psalm skrywer sê in hoofstuk 15:1 “Here, wie mag dit waag om in U teenwoordigheid te kom? Wie mag woon op U heilige berg? Hy wat onberispelik lewe en doen wat reg is, met ‘n opregte hart die waarheid praat.”

Is jy eerlik oor dit wat werklik in jou hart aangaan? Vra God se hulp sodat jy met Hom kan eerlik wees oor jou geheime; vra Hom om dit te kan sien soos wat Hy dit sien. Dit is wat dit beteken om God regtig te soek.

 

Seën groete van ROHSA

Sleutel woorde: