icon-newsletter
Sign up to read through the Bible in 2026 with women around the world.  WITH GOD'S HELP, I WANT IN

Voorganger en Leier 

Hierdie is “Seeking Him” deur Nancy DeMoss Wolgemuth.

Hebreërs 2:10-11 “God – wat alles gemaak het en op wie alles gerig is – wou baie mense deel laat kry aan die heerlikheid. Daarom was dit net gepas dat Hy hulle Voorganger – naamlik Jesus, wat vir hulle die pad tot verlossing sou oopmaak – deur lyding, volkome vir sy taak gereed maak. Nou is dit so dat sowel Jesus – dié Een wat heilig maak – as almal wat deur Hom geheilig word, dieselfde Vader het.”

Ander Afrikaanse vertalings gebruik vir die woord Voorganger ook woorde soos Owerste en Leidsman. Dit beteken dus Jesus is ons leier, en ons moet Sy opdragte volg – ​​selfs wanneer ons nie kan verstaan ​​wat Hy doen nie. Selfs wanneer ons angstig voel oor waarheen Hy ons lei.

Jesus kan vertrou word as ons Verlosser, God self het Hom opgerig en opgelei vir die taak. Jesus ons Opperhoof is ‘n leier wat nooit faal nie, ‘n leier wat vir ons veg. Selfs nou tree Hy namens ons in, terwyl ons teen die wêreld, die vlees en die duiwel veg.

Dink daaraan: Ons hoef nie in skaamte weg te kruip, in wanhoop toe te gee of in vrees op te gee nie. Ons magtige leier is ook nou met ons en vir ons. Daarom kan ons opgewonde vir Hom sê: “Ja, Here, ons volg U!”

 

Seën groete van ROHSA