icon-newsletter

Voldoende, genoeg

God se Woord sê: “My genade is vir jou genoeg” (2 Kor. 12:9) maar wat beteken dit?

  • Dit beteken dat wanneer ek uitgeput en gedaan is, en ek dink dis onmoontlik om alles gedoen te kry— is Sy genade vir my genoeg.
  • Wanneer ek ‘n moeilike tyd het met die einste persoon wat onder my vel inkruip —is Sy genade vir my genoeg.
  • Wanneer ek in die versoeking kom, om aan my frustrasie uiting te gee en harde woorde te spreek— is Sy genade vir my genoeg.
  • Wanneer ek vir die soveelste keer in ‘n dag aan my lus vir kos toegee— is Sy genade vir my genoeg.
  • Wanneer ek nie weet watter rigting om in te gaan of hoe om ‘n besluit te neem nie—Sy genade is vir my genoeg.

Waarvoor het jy God se genade nodig? Eie sinnige kinders? ’n Seer liggaam? Eensaamheid? Deurmekaar hormone?

God se antwoord is steeds “My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.”

Wat ook al jou storie is, Sy genade is vir jou genoeg. Vra Hom vir Sy hulpbronne om in jou behoefte te voorsien en Sy genade om jou te help om te volhard.

Seëngroete van ROHSA