Hierdie is “Seeking Him” deur Nancy DeMoss Wolgemuth.
Soos meeste meisies, het Charmaine Porter van jongs af oor haar trou man gedroom. Teen haar vroeë dertigs het dit steeds nie gelyk of God vir haar ‘n man uitgekies het nie, maar sy het steeds daardie behoefte en begeertes gehad om te trou.
Charmain het toe iets begin besef – dat God deel was in die begeertes wat sy gehad het. Haar begeertes was nie ‘n slegte ding nie, hulle was nie onheilig nie. Maar die rede vir haar begeertes, dit het God begin aanspreek en genees. Sy het haar waarde en bevrediging in Hom begin vind, maar ook in die dinge wat Hy haar alreeds toelaat om te ervaar en doen.
Soms voel enkellopendes dat hulle net vervulling sal ervaar en dan gelukkig kan wees, as hulle ‘n lewensmaat het.
God verander dalk nie jou situasie nie, maar Hy stel jou in staat, om ‘n diep vrede en vreugde in Hom te vind. In Christus het ek en jy die beste en dierbaarste Vriend wat enigiemand kan hê – een wat vandag saam met jou stap en vir ewig joune sal wees.
Seën groete van ROHSA