icon-newsletter

Vertrou, wanneer daar teen jou gesondig word

Hierdie is “Seeking Him” deur Nancy DeMoss Wolgemuth.

Wat doen jy wanneer iemand teen jou sondig? Dis nie “as” nie, maar “wanneer”. Ons almal het dit al ervaar. “Ek kan nie glo sy het dit gedoen nie!” of “Hoe kon hy my so behandel het?”

Ander gaan teen jou sondig, maar ongelukkig gaan jy ook teen ander sondig. Dis deel van die menslike verhaal, reg oor die wêreld, vanaf die dae van Adam en Eva tot en met vandag.

Jesus het nooit gesondig nie, maar Hy ken die pyn wanneer daar teen jou gesondig word. As jy gevoelens van verraad, onreg, mishandeling of ander sondes teen jou ervaar, verstaan ​​die Here, want Hy loop saam met jou deur daardie seer.

Psalm 3:3 “So baie sê: “God sal hom nooit red nie!” Sela Maar U, Here, is ’n skild rondom my. U herstel my eer, U lig my kop weer op. Ek het tot die Here geroep.
Vanaf sy heilige berg het Hy my geantwoord.”

Jy kan God vertrou met jou storie. Jy kan Hom vertrou vir genade om te vergewe dit wat vir jou onvergeefbaar lyk. Jy kan Hom vertrou om met jou oortreders af te reken. Jy kan ook vertrou dat die Een wat regverdig oordeel eendag elke oortreding sal regstel.

 

Seën groete van ROHSA