icon-newsletter

Vertrou jy God om jou storie te skryf 

Hierdie is “Seeking Him” deur Nancy DeMoss Wolgemuth.

Diep in ons binneste, weet ek en jy dat die beste dinge in die lewe teen ‘n prys kom.

Romeine 5:4-5 “ons jubel selfs in ons swaarkry, want ons besef dat die swaarkry ons leer om te volhard. Op sy beurt kweek volharding betroubaarheid van karakter; en betroubaarheid van karakter versterk ons toekoms verwagting. En hierdie toekoms verwagting sal ons nie teleurstel nie, want ons weet hoe lief God ons het. Hy het sy liefde mos in ons harte uitgestort deur sy Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het.”

Die meeste van ons wil graag die voordele en seëninge van lyding ervaar… sonder die lyding! Ons wil sprankelende diamante hê sonder die intense druk en al die tyd wat dit neem om hulle te vorm.

Indien ons ons eie stories sou skryf, sal ons seker wolkelose sonskyn dae op skoon strande en spieël gladde seilvaarte kies. Ek dink ons sou die mistroostige, hartseer dae of die stormagtige ervarings eerder oorslaan. Ons sou ‘n verhaal skryf waarin ons self regkom, sonder hulp. Dit klink dan of ons stories sou skryf waarin ons God nie regtig nodig het nie.

Genadiglik is God te lief vir ons om ons daardie soort stories toe te laat.
Om God te vertrou om jou storie te skryf, beteken om “ja” te sê vir die hitte en druk. Of wat God ook al sou kies, om in jou, Sy meesterstuk te vorm.

 

Seën groete van ROHSA